Collection: Stella Bruwer

STELLA BRUWER
Ek is is 1964 gebore, die jongste van twee kinders, in Walvisbaai / Namibie, beter bekend as die "land van vele kontraste" My ouers...liefdevolle mense met sterk Christelike waardes. My kinderedae was dus sorgeloos en vol sonskyn. My pa, die ingenieur, geen probleem was ooit te groot om n plan te maak nie, en my ma die tuisteskepper met vele talente, en natuurlik was musiek deel van ons huishouding. Wat is n huis sonder musiek? Huisorkes was aan die orde van die dag...ma, pa, sus en ek.
My ouers het ook n plaas in die Karibib-distrik gehad. Ek het altyd vir kilometers saam met my pa gaan stap en dis hier waar ek as kind geleer het om die natuur se karakter, klanke en geure waar te neem en in te neem. Dis ook hier in die stilte van die groot rivier, waar ek vir ure gaan sit het, met die ou klipdam en windpomp aan die oorkantste wal, dat ek meer bewus geraak het van God se Grootheid en teenwoordigheid in my lewe.
Ek was van kleins af baie lief vir skets en so was dit per geleentheid dat van my sketse op Laerskool gekies was om uitgestal te word op die jaarlikse Windhoek Skou. Ek het in 1981 gematrikuleer en het na skool Interieure Ontwerp gaan studeer aan die destydse Stellenbosch Tegniese Kollege. Daarna is ek terug Walvisbaai toe en het in die Bankwese beland vir om en by 10 jaar. Is later getroud en n pragtige dogter is gebore uit die huwelik. In 1995 verhuis ek Kaap toe. Om die maandelikse inkomste aan te vul, het ek my kuns as priotiteit begin sien. Skielik het die vrolike gedagte van skilder, my vrese opgehelder soos sonstrale. En wanneer nuwe dieptes blyk om in my siel oop te breek, het Hy vir my n lushof van vrede geskep deur my kuns.
Sonder formele kunsopleiding het ek in 2002 voltyds begin skilder, en dit was nie n maklike pad nie. Ek moes ook leer dat dit n beroep is waar prestasies gegrond word opinies en persepsies. En nog iets wat my kreatiwiteit baie keer gepootjie het, was n gebrek aan tyd, die vrees om geoordeel te word, en die vrees vir mislukking. Ek het in Restaurante en koffie winkeltjies begin uitstal en het ek later gesien en beleef dat kenners van die bedryf, telkemale verkeerd bewys word deur kunstenaars wat in die see van kritiek gegooi word en dit dan regkry om te swem in plaas van te sink.
Konstante vernuwing en tegniekontwikkeling het deel geword van my kunsbeoefening. Ek gebruik Alkriel as medium en my onderwerpkeuses is veelsydig. Met goeie bemarking van my dierbare lewensmaat se kant af, kon ek begin uitstal in verskeie gallerye aan die Weskus. Het ook in die tydperk n hele aantal kunsuitstallings gehou . Soos die jare aangestap het, het ek begin adverteer op FB, en van daaraf was daar geen omkyk meer nie. Het ook in 2015 n Winkel/Gallery/Dekor Winkel in St. Helenabaai oopgemaak, waar ek ook tans woonagtig is en het intussen uitgebrei met baie nuwe produkte rondom my kuns.
So kon ek my volle potensiaal begin leef, veral toe ek besef waarheen ek oppad is, elke tree in die regte rigting.
My moto in die lewe...Elke nuwe dag kan n wonderwerk bring. Loop jou pad met jou skoene, moet nie iemand anders se skoene probeer aantrek nie.
Stella Bruwer Art

Filter:

Size
0 selected Reset

528 products

Filter and sort

Filter and sort

528 products

Size

528 products